Gebruik die HOMONIEM van “lyk” in ʼn volsin sodat dit ʼn ander betekenis het:
“Hoe lyk jou Afrikaans?”
Die lyk word in die grond geplaas.
Die (werk) brein bêre alle inligting
werkende
Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD. Ek is baie jammer.
Ek was baie jammer gewees./ Ek was baie jammer
Haar gesin het dikwels die Krugerwildtuin besoek.
Die Krugerwildtuin word dikwels deur haar gesin besoek.
Die seuns het vir hul onderwyser gevra of hy hulle daardie aand met hulle take kan help.
Die seuns het vir hul onderwyser gevra: ”Kan Meneer ons vanaand met ons take help?”
Skryf hierdie GETAL in woorde. 300
drie honderd/driehonderd
Skryf die vroulike vorm van (kelner)
Kelnerin
Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD.
Die leerder moet reg kies
Die leerder sal reg moet kies.
James en Jimmy speel graag in die parkie.
Daar word graag deur James en Jimmy in die parkie gespeel.
Pieter vra: “Waarheen gaan jy en jou ma môre, Joan?”
Pieter vra vir Joan waarheen sy en haar ma môre gaan.
Gee die VERKLEINING van die vetgedrukte woord.
’n Baba het meer bene as ’n volwassene.
Babatjie
Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies. (Erken/Herken) jy was verkeerd.
Erken
Ben is nie tevrede met die werk wat die bouer doen nie. Skryf die sin in die verlede tyd
Ben was nie tevrede met die werk wat die bouer gedoen het nie.
Albei bene van die motorfietsryer moes na die ongeluk geamputeer word.
Hulle moes albei bene van die motorfietsryer na die ongeluk amputeer.
Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE.
Die meisie sê: “Ek weet nie wat fout is met my nie.”
Die meisie sê dat sy nie weet wat fout met haar is nie.
Gee die MEERVOUD van die vetgedrukte woord.
Dit beteken die stuk kan nie veel beweeg nie.
stukke
Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies. Skryf net die woord neer.
Jy besef die persoon van (wie/wat) jy praat, staan agter jou.
Wie
Die bouer haal die skewe ligskakelaars uit en sit dit reg in. Skryf die sin in die toekomende tyd.
Die bouer sal die skewe ligskakelaars uit haal en sal dit reg in sit.
Susie sal later aan almal ’n e-pos stuur.
’n E-pos sal later deur Susie aan almal gestuur word.
Joanne sê dat sy nie van tamaties hou nie.
Joanne sê: ”Ek hou nie van tamaties nie.”
Intensiew vorm vir "vinnig"
Blitsvinning
Antoniem vir "eerlik"
oneerlik/skelm
Het Eve se salaris gestyg? Skryf in die TOEKOMENDE TYD
Sal Eve se salaris styg?
Zim-polisie rand mense tuis aan.
Mense word deur Zim-polisie tuis aangerand.
“Nou is dit te laat, want ek moet die klere al môre hê,” het Fred gesê.
Fred het gesê dit is nou te laat (dat dit nou te laat is), want hy moet die klere al môre hê.