Vorme van eienaarsskap
Bestuur van n onderneming
Funksies van n besigheid
Besigheids omgewings
Professionalisme en etiek
100

Wat is 'n aandeelhouer?

Iemand wat aandele in 'n maatskappy besit en dus 'n mede-eienaar is.

100

Noem een bestuurstyl.

Outokraties, demokraties of laissez-faire.

100

Jy het pas 100 punte verniet gekry!

Hoe maklik kan dit wees?

100

Noem die twee hoofondernemingsomgewings en die drie onderafdelings.

Interne en eksterne omgewings; mikro-, mark- en makro-omgewing.

100

Wat noem ons dit wanneer iemand iets waardevols aanbied of aanvaar om 'n sakebesluit op 'n oneerlike manier te beïnvloed?

Omkopery

200

Het 'n vennootskap beperkte of onbeperkte aanspreeklikheid?

Onbeperkte aanspreeklikheid.

200

Jy kry sommer 200 punte verniet!

Dit was maklik!

200

Noem enige drie ondernemingsfunksies.

Enige drie van die agt ondernemingsfunksies.

200

In watter ondernemingsomgewing word kliënte aangetref?

Markomgewing.

200

Wat is die verskil tussen professionalisme en etiek in die werkplek?

Professionalisme handel oor hoe jy optree; etiek handel oor wat reg en verkeerd is.

300

Noem twee soorte maatskappye.

Privaat en publieke maatskappye.

300

Noem een verskil tussen 'n leier en 'n bestuurder.

'n Leier word vrywillig gevolg, terwyl 'n bestuurder formele gesag het.

300

Watter ondernemingsfunksie is verantwoordelik daarvoor om die regte verskaffers te vind?

Aankopefunksie.

300

In watter omgewing val die ondernemingskultuur, en waarom?

Mikro-omgewing, want die onderneming het beheer daaroor.

300

Noem een voorbeeld van onetiese gedrag in bemarking.

Misleidende advertensies of vals aansprake.

400

Wat is 'n prospektus?

'n Formele dokument wat inligting oor 'n maatskappy aan potensiële beleggers verskaf om hulle aan te moedig om aandele te koop.

400

Noem die vier hoofbestuurstake.

Beplanning, organisering, leiding en beheer.

400

Noem een risiko wat die produksie-afdeling in die gesig staar.

Byvoorbeeld masjienonderbrekings, grondstoftekorte of gebrekkige produkte.

400

Gee 'n voorbeeld van 'n politieke faktor in Suid-Afrika wat 'n onderneming kan beïnvloed en binne die volgende tien dae plaasvind.

Verkiesings wat plaasvind.

400

Wat beteken kontraktuele bevoegdheid?

Die wetlike bevoegdheid om 'n geldige kontrak te sluit. - 18 jaar oud

500

Watter ondernemingsvorm moet sy finansiële state laat oudit?

'n Publieke maatskappy.

500

Wie is die medestigter van Meta, wat oorspronklik as Facebook bekend gestaan het?

Mark Zuckerberg.

500

Wat is die vergoeding vir die produksiefaktor natuurlike hulpbronne?

Huur

500

Watter groot Suid-Afrikaanse supermarkgroep het op 26 Oktober 2026 aangekondig dat sy halfjaarverliese met ongeveer 32% tot R299 miljoen verminder het? 

Jy kry 100 bonuspunte as jy met jou eerste poging reg antwoord!

Pick n Pay.

500

Wat noem ons dit wanneer iemand onwettige of onetiese optrede binne 'n organisasie aan die toepaslike owerhede rapporteer?

Fluitjieblasing... whistleblowing

M
e
n
u