Wat is die funksie van die Alleenplasing in versreël 8?
Die gebruik van alleenplasing beklemtoon hoe lank die eksamen duur.
Wat beteken die titel?
Die titel verwys na die plek waar eksamen geskryf word.
Prelims in staandaard Afrikaans.
Rekord eksamen/voorbereidings eskamen
Denotatiewe betekenis van Inkwarboel?
Die leerders skryf onnetjies
Konnotatiewe betekenis van Inkwarboel?
Feite en inligting wat studente skryf is deur mekaar.
Wat is die funksie van die klanknabootsing in versreël 4?
Dit bekelemtoon die stilte.
In watter graad is die leerders in die gedig? (gee 'n rede)
Graad 12. Hulle is die enigste graad wat 'n Septembereksamen skryf.
Verduidelik die woorde "bewe met rukke" van hoe die leerders voel?
Hulle voel bang/senuweeagtig.
Haal 1 woord uit strofe 3 aan wat wys dat die leerders se skrif slordig en gejaagd is.
"inkwarboel"
Benoem die beeldspraak in versreël 8.
personifikasie
In watter ruimte speel die gedig af?
eksamenlokaal
Haal 'n voorbeeld van klanknabootsing uit strofe 1 aan.
"klik"
Wie is die "haar" in versreël 1?
Die toesighouer
Tussen watter twee woorde is daar 'n kontras in strofe 1?
tjoepstil en hard
Wat beteken die personifikasie in "tjoepstil banke"
Die leerders in die banke praat nie
Verduidelik die metafoor in strofe 5.
Die onderwyser is 'n boer, wat oes.
Waarna verwys "stelle" in reël 9?
Vraestelle
Haal een ander woord uit die slotstrofe aan wat aansluit by die woord "ryp".
"oes"
Haal drie opeenvolgende woorde uit strofe 5 aan om te bewys dat die leerders nie lank voor die tyd begin leer nie.
"gistermiddag se kennis"
Noem twee eienskappe van 'n vrye vers wat in hierdie gedig sigbaar (visible) is.
geen vaste rympatroon
strofes is nie almal ewe lank nie
Wat is die funksie van die dubbelpunt in versreël 10?
Dit beklemtoon die inhoud van die oes
Wat beteken "skoon wit velle"?
Die "skoon wit velle" verwys na die leë bladsye voordat die leerders begin antwoord het.
Waarna verwys die "blou op wit" in versreël 10?
Die blou ink op die wit papier.
Wat is die stemming van die gedig?
Ernstige stemming
Wat is die TEMA van die gedig
Die angs wat 'n mens/persoon ervaar wanner jy 'n eksamen skryf.