Ou Testamentiese Konings
Plekke
Getalle
Plante en Diere
Kerkgeskiedenis
100

Hierdie koning was bekend vir sy groot wysheid en vir die bou van die eerste Tempel in Jerusalem.

Salomo
I Konings 6:1

100

Op watse berg het Noag se ark geland?

Ararat
Genesis 8:4

100

Hoeveel jaar het Jakob altesaam ingestem om vir Laban te werk om met Lea en Ragel te trou?

14 Jaar
Genesis 29:18-30

100

Van watter spesifieke soort hout is die Ark van die Verbond, die Tabernakel se planke en sy drapale gemaak?

Akasiahout
Exodus 37:1, 10 en 15

100

Teen watter kerk het Martin Luther sy 95-stellings vasgeslaan?

Wittenberg (Kasteelkerk Wittenberg)

200

Hierdie koning van Juda het sy heerskappy op agtjarige ouderdom begin en die Boek van die Wet tydens Tempelherstelwerk gevind, wat tot 'n groot herlewing gelei het.

Josia
II Konings 22:1

200

Die apostel Johannes is na hierdie eiland verban, waar hy die visioen ontvang het wat in die boek Openbaring opgeteken is.

Patmos
Openbaring 1:9

200

Hoe oud was Abraham toe sy seun Isak, die seun van die belofte, gebore is?

100 Jaar oud
Genesis 21:5

200

In Jesaja se profesie van die vreedsame koninkryk sal die leeu nie die lam eet nie, maar sal eerder "strooi eet soos" watter ander spesifieke dier? 

Die os
Jesaja 11:7

200

Watter leier van die Hervorming het op die slagveld gesterf?

Ulrich Zwingli (11 Oktober 1531 by die Slag van Kappel.

300

Hierdie goddelose koning van Israel, getroud met Isebel, het die aanbidding van Baäl bevorder en is deur die profeet Elia gekonfronteer.

Agab
I Konings 16:30

300

Die profeet Nahum se hele boek is 'n profesie oor die komende vernietiging van watter groot Assiriese hoofstad?

Nineve
Nahum 1:1

300

Hoeveel manne was daar in Gideon se laaste leer nadat God die getalle daarvan verminder het deur hulle te toets aan hoe hulle water gedrink het?

300
Rigters 7:6

300

'n Nasireer onder 'n gelofte van skeiding was verbied om sy hare te sny en 'n dooie liggaam aan te raak. Watter spesifieke vrugte, in enige vorm van saad tot skil, was hulle ook verbied om te eet?

Druiwe
Numeri 6:3-4

300

In watter jaar is die Sinode van Dordrecht geëindig?

1619

400

Hierdie koning van Juda is met melaatsheid getref nadat hy onwettig die tempel binnegegaan het om wierook te brand.

Ussia
II Kronieke 26:16

400

Hierdie stad in die Jisreelvallei was waar koning Josia in die geveg gesneuwel het.

Megiddo
II Konings 23:29

400

Volgens die spesifikasies vir die Ark van die Verbond, wat was die presiese afmetings in el (lengte, breedte en hoogte)?

Lengte: 2.5 el
Breedte: 1.5 el
Hoogte: 1.5 el
Exodus 25:10

400

In Hooglied word die geliefde vergelyk met "'n tros _______ blomme in die wingerde van Engedi." Vul die spasie in met die spesifieke plant wat vir parfuum en kleurstof gebruik word.

henna

Hooglied 1:14

400

Wie was die eerste Christelike Romeinse Keiser?

Konstantyn die Grote

500

Hy was die eerste koning van die verdeelde noordelike koninkryk van Israel en het twee goue kalwers vir aanbidding opgerig.

Jerobeam
I Konings 12:26-29 (Bet-el en Dan)

500

Die profeet Esegiël het sy eerste groot visioen van God se strydwa-troon ontvang terwyl hy saam met die ballinge was by watter rivier in die land van die Chaldeërs?

Kebarivier
Esegiel 1:1

500

Wat was die presiese gewig in sikkels van die enkele goue ring wat Abraham se dienaar vir Rebekka by die put gegee het?

'n Halfsikkel
Genesis 24:22

500

In die boek Job daag God Job uit deur 'n groot, grasetende wese te beskryf wie se "bene soos stawe van yster" is en wie se "stert reguit soos 'n seder" is. Wat word hierdie wese genoem?

Seekoei
Job 40:10

500

In watter jaar het die eerste Afrikaanse Psalm- en Gesangeboek verskyn?

1944

M
e
n
u