Wat is die Engelse woord vir "hond"?
Dog
Wat is die meervoud van "kat"?
Katte
Wat is die verkleinwoord van "kat"?
Katjie
Wat is die teenoorgestelde van "warm"?
Koud
Watter leesteken kom aan die einde van 'n vraag
Vraag teken (?)
Wat noem ons iemand wat siek mense behandel?
Dokter
Wat is die meervoud van "boek"?
Boeke
Wat is die verkleinwoord van "hond"?
Hondjie
Wat is die teenoorgestelde van "groot"?
Klein
Wat noem ons 'n woord wat 'n mens, dier of ding beskryf?
Byvoeglike naamwoord
Wat is die Afrikaanse woord vir "school"?
Skool
Wat is die meervoud van "kind"?
Kinders
Wat is die verkleinwoord van "boom"?
Boompie
Wat is die teenoorgestelde van "vinnig"?
Stadig
Identifiseer die werkwoord: "Die seun hardloop vinnig."
Hardloop
Wat noem ons die plek waar ons boeke leen?
'n Biblioteek
Wat is die meervoud van "stad"?
Stede
Wat is die verkleinwoord van "ring"?
Ringetjie
Wat is die teenoorgestelde van "donker"?
Lig
Verander na die verlede tyd: "Ek speel sokker."
Ek het sokker gespeel.
Wat is die Afrikaanse woord vir "yesterday"?
Gister
Wat is die meervoud van "skip"?
Skepe
Wat is die verkleinwoord van "glas"?
Glasie
Wat is die teenoorgestelde van "vriendelik"?
Onvriendelik
Verander na die toekomende tyd: "Sy lees 'n boek."
Sy sal 'n boek lees.