Wat is die Tema van die gedig?
Die dood.
Wat suggereer die "Haar" in die titel?
Verwys na 'n vroulike persoon, spreker se dogter.
Wat is die funksie van die Alliterasie in strofe 1?
Hoeveel strofes is in die gedig?
Ses strofes
Hoeveel versreëls het die gedig?
12 versreëls
Wat is die boodskap van die gedig?
Dood is onvermydelik
Waarom gebruik die digter verkleiningvorm in die gedig?
Watter beeldspraak is die woord "uitvaart" in die titel?
Eufimisme
Identifiseer 'n alliterasie in die strofe 6
"halfweg na die hospitaal"
Haar ogies het gesmeek"
Identifiseer twee kontrasterende woord in die gedig.
gegryp & verslap
Waarheen was die pa/spreker op pad met sy dogtertjie?
Na die hospitaal
Gee 'n sinoniem vir die woord "uitvaart".
vertrek (departure)/ begrafnis
Gee een woord uit v. 10 wat sê dat die pa niks kon doen nie.
Magteloos.
"magteloos teen Sy wil" Waarna verwys "Sy wil" in v.10?
God se wil. God het klaar bestem dat sy kom haal word.
Wat is die funksie/doel van die ellipstekens in die gedig?
dui 'n ruspouse, wat wys hoe moeilik dit is vir die spreker om te praat oor sy dogter.
Identifiseer die beeldspraak: "het asemloos, die dood ons ingehaal"
Wat suggereer "asemloos" in die gedig?
Die dogtertjie het gesterf.
Watter woord suggereer dat hulle nie die hospitaal bereik het nie.
halfweg.
Wat is die stemming van die gedig?
hartseer
Wat is die rymskema in die gedig?
paarrym: aa bb cc...
Identifiseer die stylfiguur/beeldspraak in v.3 "Half-togevoue vuisies klein"
Inversie
Beskryf kortliks waaroor die gedig gaan.
Wat beteken "ylings" in v.4
Dogtertjie is besig om te yl (koors hallusinasies).
Gryp na iets wat nie daar is nie.
Waarna verwys die "doodsgordyn"
Onsigbare skeiding tussen die lewe en dood.