Wat gebeur 50 dae na die Pasga?
Die uitstorting van die Heilige Gees.
Wie is as Judas se plaasvervanger gekies?
Mattias.
Wie was die leier wat bygestaan het toe Stefanus gestenig word?
Waar het die uitstorting van die Heilige Gees gebeur?
Jerusalem.
Wat was die eerste brief wat Paulus geskryf het?
Galasiërs.
Die uitstorting van die Heilige Gees is 'n ommekeer van watter gebeurtenis in Genesis?
Die Toring van Babel.
Wie het die Christene vervolg, en hoe het hy tot bekering gekom en uiteindelik 'n Apostel geword?
Paulus -- die Here het aan hom verskyn en hom blind gemaak op die pad na Damaskus.
Wie het vir Paulus verlaat op die eerste sendingreis?
Markus
Waar is die woord "Christen" vir die eerste keer gebruik?
Antiogië
Hierdie twee briewe is geskryf na 'n jong predikant wat soos 'n seun vir Paulus was.
1 & 2 Timoteus.
Toe Paulus in Rome aankom was hy onder _______. In daardie tyd het hy briewe geskryf.
Huisarres.
Wie het vir die Heilige Gees gelieg?
Ananias en Saffira
Wie was die gelowige Romeinse centurion wat 'n visioen ontvang het om vir Paulus in die stad Joppe te gaan haal?
Cornelius
Van watter land het die hofdienaar gekom wat besig was om Jesaja 53 te lees toe Filippus kom om vir hom dit te verduidelik?
Etiopië
Hierdie brief het Paulus geskryf aan 'n gemeente waar hy nog nooit was nie, waar hy vir hulle duidelik beskryf wat is die Evangelie.
Romeine
Die Joodse Raad het Petrus en Johannes in die tronk gegooi in Jerusalem. Hoe het hulle ontsnap?
'n Engel het in die nag die tronkdeure oopgemaak.
Wie was Paulus se "trainee" wat hy spesiaal opgelei het?
Timoteus
Wat was die naam van die diensmeise wat die deur oopgemaak--en weer toegemaak--het, toe Petrus en Johannes uit die tronk ontsnap het?
Rode.
Waar het Paulus vir omtrent drie jaar gebly en die kerk geplant?
Efese.
Hierdie twee briewe is geskryf aan 'n gemeente wat elke moontlike probleem gehad het--verdeeldheid, seksuele losbandigheid, afgodery, ens.
1 & 2 Korintiërs
Watter ramp het gebeur tydens Paulus se reis na Rome?
Watter towenaar het 'n valse bekering gehad omdat hy geld wou maak deur die Heilige Gees?
Simon die towenaar.
Onesimus.
Waar was Paulus en Silas in die tronk, toe die tronkwagter tot bekering gekom en hulle vrygelaat het?
Filippi (Griekeland)
Watter brief het Paulus geskryf vir 'n ander jong predikant wat op die eiland Kreta 'n kerk gelei het?
Titus