Watter een woord sê vir ons dat die pa die beste prestasie in sy seun se akademie verwag?
Dux-leerling
Wat word 6 reëls genoem?
'n Sestet.
Hoeveel strofes is daar in die gedig
4 strofes
Watter woord wys dat die seun se pa die oorsproklike weergawe in sy seun se lewe is?
Hoeveel versreëls is daar in die gedig?
24 versreëls.
Wat is 'n rostrum?
Podium/ trappies waarop atlete staan wat eerste, tweede, en derde gekom het om hul medaljes te ontvang
Wat word die vrae genoem wat die spreker vra?
Retoriese vrae
Wie is die spreker in die gedig?
'n Seun/'n leerder
Noem twee prestasies wat die spreker se pa van hom verwag.
Hy moet die Dux leerling wees. Moet rekords breek en eerste kom.
Identifiseer die metafoor in versreël 15.
Turksvy-kind
Watter twee woorde woorde wys dat die seun rugby speel?
Lynstaan, Cravenweek
'n stukkie van sy siel.
Wat is 'n Dux-leerling
Die leerder wat akademies die beste doen/Die leerder wat baie goeie akademiese punte behaal
Wat is die toon in die gedig?
Desperaatheid/Moedeloosheid
Watter emosie word beklemtoon deur die retoriese vrae in die gedig?
Frustrasie, desperaatheid
Identifiseer 'n vergelyking in die gedig.
Is pa nooit tevrede net die ewebeeld wat oor my vou soos 'n donker kleed?
Na watter sport verwys die spreker in strofe 2.
Atletiek
Na watter sport verwys die spreker in strofe 3.
Rugby
Wat is die denotatiewe betekenis van "met 'n Achilleshiel wat pla?"
Die seun het 'n besering
Watter prestasies verwag die pa moet die seun op die atletiekbaan behaal?
Hy moet eerste kom en moet rekords breek.
Watter een woord wys dat die spreker dieselfde prestasies as sy pa in skolerugby behaal het?
Geëwenaar
Watter negatiewe metafoor in strofe 1 wys dat die spreker se prestasies hom versmoor?
Die prestasies, Pa, al is dit top, galgtou oor my kop.
Bespreek die tema in die gedig.
Die seun kry nie die kans om sy eie persoon te wees nie en moet als volgens sy pa se wense doen.
Hoekom word al die seun se prestasies in die meervoud vorm gegee?
Dit wys dat hy meer as een prestasies behaal, omdat niks ooit genoeg vir sy pa is nie.
Identifiseer die rympatroon/rymskema in strofe 1.
Paarrym, aabbcc