In die begin het God 'n "kleiner lig" gemaak om in die aand te wees. Hierdie lig verwys na...
Die maan
Wat was Adam en Eva se 3rde kind se naam gewees?
Seth
'Al wat altyd sal bly, is geloof,____ en liefde – hierdie drie. Maar die grootste hiervan bly steeds die liefde!'
1 KORINTIËRS 13:13
Hoop
Watse boek praat van die eindtye?
Openbaring
Wie het die meeste boeke geskryf in die Nuwe Testament?
Paulus
In 1 Korintiërs praat Paulus van die gemeente van God, dit verwys na...
A) Die mense wie gekies is deur God.
B) Mense wie goeie werke doen vir God.
C) Mense wie ander na Jesus toe draai.
A) Mense wie gekies is deur God
Wie het die eerste 5 boeke geskryf van die Ou Testament?
Moses
'Maar soek eers die _____ van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.' Matteus 6:33
Koninkryk
Watse boek is die eerste boek van die Nuwe Testament?
Mattues
Wat is die 4 boeke wat praat oor Jesus se lewe?
Mattues, Markus, Lukas en Johannes
Adam het sy vrou Eva genoem. Wat beteken haar naam?
A) Helper
B) Ma van die lewendig
C) Gevat van my ribbes
B) Ma van die lewendig
In watse taal is die Ou Testament geskryf?
Hebreeus
'Staan dus vas deur _____ as ’n gordel om julle heupe te dra'
EFESIËRS 6:14
Waarheid
Watse boek sê die volgende:
"Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee."
Wie was Petrus se boetie gewees?
A) Johannes
B) Jakobus
C) Andreas
D) Bartolomeus
C) Andreas
Jesus vra vir Petrus:
'“Simon, seun van Johannes, het jy My lief, meer as hierdies ?”'
Na watse tipe liefde verwys Jesus hier?
Vriendskaplike Liefde
Een betekenis van God se naam is El Shaddai, wat beteken dit?
Almagtige God
'Moenie julle leefstyl aanpas by die _____ van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe.'
ROMEINE 12:2
Gedragspatrone
Wat is die laaste boek in die Ou Testament?
A) Hosea
B) Haggai
C) Maleagi
C) Maleagi
Wie het die volgende gesê:
"Kom tot bekering! God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin!”
Johannes die doper
'Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die parakletos, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie.'
Wat beteken parakletos as dit verwys na die Heilige Gees?
Raadgewer/Helper
Wat is die naam gegee vir die eerste 5 boeke van die Ou Testament?
Pentateug
'Hulle het ’n plakkaat, met die rede vir Jesus se kruisiging daarop, bokant sy kop vasgesit. Dit het gelui: “Dit is Jesus, die Koning van die _____.” ' MATTEUS 27:37
Jode
Watse boek praat oor praat met die eienaar van 'n slaaf?
Filemon
Van watse stam van die 12 stamme van Israel is Paulus af?
Benjamin