Gebeure
Karakters
Gelykenisse/Wonderwerke
Die Kruisiging
Die Opstanding
100

Op die Sondag voor Vrydag se kruisiging was Jesus se triomfantelike intog in Jerusalem. Waarop het Hy gery, en hoekom is dit belangrik?

'n Donkie -- dit is 'n vervulling van die profesie in Sagaria 9:9

100

Wie was Jesus se voorganger?

Johannes die Doper

100

Wat was die Here Jesus se eerste wonderwerk? 

Verandering van water na wyn by die bruilof in Kana.

100

Wie het Jesus verraai?

Judas.

100

Watter natuurramp gebeur op die Sondag wat Jesus opgestaan het? Hoekom?

'n Aardbewing--nie om Jesus uit te laat nie, maar om die vrouens en dissipels te laat in kyk.

200

Wat het Jesus in die tempel twee maal tydens sy aardse bediening gedoen? Hoekom?

Hy het die mense uit die tempel uitgedryf omdat hulle dit onheilig gemaak het.


200

Wie was die goewerneur van Judea wat sy hande gewas het by Jesus se verhoor. 

Pontius Pilatus.

200

Waarmee vergelyk die Here die vier verskillende reaksies op die Evangelie (die "saad")? 

Die gelykenis van die saad: (1) die harde grondpad, (2) klipperige grond, (3) grond met onkruid, (4) goeie grond wat vrug dra.

200

Wat het in die tuin van Getsemane gebeur?

Jesus het gebid, bloed gesweet, en is deur die Jode gevange geneem.

200

Watter leuen het die hoëpriesters versprei om die nuus van die opstanding dood te smoor?

Hulle het die soldate omgekoop om te sê dat die dissipels Jesus se liggaam gesteel het.

300

Na Jesus se doop was Hy in die wildernis vir 40 dae. Wat het aan die einde van die 40 dae gebeur?

Hy is drie maal deur die Satan versoek, maar Hy het nie gesondig nie.

300

Watter lid van die Joodse Raad het vrae gehad oor hoe 'n mens wedergebore kan word.

Nikodemus

300

Wat het Jairus se dogtertjie makeer, en wat het die Here Jesus gedoen?

Jairus se dogter was dood, en Jesus het haar opgewek uit die dood.

300

Hoeveel verhore het Jesus gehad?

Ses -- 3 "godsdienstige" verhore, 3 staatsverhore.

300

Wie het getwyfel dat Jesus werklik opgestaan het? Wat was sy vereistes om te glo?

Thomas -- hy wou Jesus se spyker- en spieswonde sien in sy hande en sy.

400

Hoekom moes Jesus gedoop word?

Om met sondaars te identifiseer sodat Hy hul sondes kan dra; dit is ook 'n prentjie van sy dood en opstanding.


400

Watter een van die vrouens, toe sy sien Jesus se graf is leeg, het dadelik weggehardloop om die ander te vertel? Toe sy later alleen terugkom, het Jesus persoonlik aan haar verskyn.

Maria Magdalena

400

Wat was Jesus se enigste wonderwerk van oordeel? Wat leer die wonderwerk vir ons?

Die vervloeking van die vyeboom. Dit leer ons dat 'n Christen moet nie net die "show" hê nie (net blare), maar moet ware vrugte dra.

400

Wie het Jesus se kruis vir Hom gedra, en wie het Jesus in sy eie graf begrawe (twee verskillende mense)?

Simon van Sirene; Josef van Arimatea.

400

Watter vraag vra Jesus vir Petrus drie keer om op te maak vir die drie keer wat hy vir Jesus verloën het?

"Het jy my lief?"

500

Wie het Jesus se voete gesalf met Nardusolie 'n week voor sy kruisiging, en hoekom het sy dit gedoen?

Maria, want sy het geweet Hy sou sterf (sy het Hom gesalf vir sy begrafnis).

500

Wie was die hoëpriester en sy skoonpa, die vorige hoëpriester?

Kajafas, en sy skoonpa Annas.

500

Antwoord hierdie twee dele: (1) Wat is 'n gelykenis? (2) Noem EEN gelykenis wat Jesus gebruik om God se vreugde uit te beeld wanneer 'n sondaar gered/gevind word. 

(1) 'n Gelykenis is 'n aardse storie met 'n geestelike betekenis. (2) Die gelykenis van die (i) verlore skaap, of (ii) die verlore muntstuk, of (iii) die verlore seun. 

500

Wat het gebeur in die tempel toe Jesus sterf? Hoekom is dit belangrik?

Die gordyn tussen die Heilige deel en die Allerheiligste het geskeur, om te wys dat die skeiding wat sonde gemaak het, nou weg is.

500

Op watter berg het Jesus opgevaar na die Hemel, en hoe, het die engel gesê, gaan Hy terugkom?

Die Olyfberg - Hy gaan terugkom soos Hy opgevaar het, op die wolke.