Direkte of Indirekte Rede?
Wat verander?
Maak dit reg!
Bou die sin
Goue Reëls
100

Juffrou sê: "Maak julle boeke oop."

Direkte rede.

100

Miller sê: "Ek wil snoepie toe gaan."

Miller sê dat _____ snoepie toe wil gaan.

hy

100

Monrich sê dat hy opgewonde is vir die SOS-kamp.

Monrich sê dat hy vir die SOS-kamp opgewonde is.

100

Verander na indirekte rede:

Anru sê:
"Ek hou van roomys."

Anru sê dat hy van roomys hou.

100

Wat verwyder ons eerste?

Die dubbelpunt (:)

200

Juffrou sê dat ons ons boeke moet oopmaak.

Indirekte rede

200

Johan vra: "Wil jy nog die rugby gaan kyk?"

Johan vra _____ ek nog die rugby wil gaan kyk.

of

200

Alexe sê: dat sy gelukkig is.

Alexe sê dat sy gelukkig is.

200

Verander na indirekte rede:

Amelia vra:
"Is jy gereed?"

Amelia vra of ek gereed is.

200

Wat verwyder ons tweede?

Die aanhalingstekens.

300

Watter leestekens wys vir ons dat dit direkte rede is?

Dubbelpunt (:) en aanhalingstekens (" ").

300

Waarheen skuif die werkwoord in indirekte rede?

Na die einde van die sin.

300

Sophia-Marie vra dat ek huis toe gaan?

Sofia-Marie vra of ek huis toe gaan.

300

Verander na indirekte rede:

Johannes sê:
"Ek lees 'n boek."

Johannes sê dat hy 'n boek lees.

300

Watter woord voeg ons by wanneer iemand iets sê?

dat

400

Noem TWEE leestekens verwyder ons altyd wanneer ons van directe na indirecte rede gaan?

Dubbelpunt en aanhalingstekens

400

ek → ?

hy / sy

400

Ethan sê: " dat hy speel rugby."

Ethan sê dat hy rugby speel.

400

Verander na indirekte rede:

Nico vra:
"Kan jy swem?"

Nico vra of ek kan swem.

400

Watter woord voeg ons by wanneer iemand 'n vraag vra?

of

500

Wat is die belangrikste verskil tussen direkte en indirekte rede?

Direkte rede gebruik iemand se presiese woorde.
Indirekte rede vertel net wat iemand gesê het.

500

Noem TWEE woorde wat by indirekte rede bygevoeg word. (normale sin vs vraagsin)

dat & of

500

Georgia vra: "Of jy kamp toe kom?"

Georgia vra of ek kamp toe kom.

500

Verander na indirekte rede:

Luke sê:
"Ons speel sokker."

Luke sê dat hulle sokker speel.

500

Sit die stappe in die regte volgorde:

  • Werkwoord skuif
  • Dubbelpunt verwyder
  • Aanhalingstekens verwyder
  • Voeg "dat/of" by
  • Verander voornaamwoord
  • Verwyder die dubbelpunt.
  • Verwyder die aanhalingstekens.
  • Voeg "dat" of "of" by.
  • Verander die voornaamwoord.
  • Skuif die werkwoord na die einde.