Vroeë Kerk
Middeleeue
Reformasie
Moderne tydperk
Suid-Afrika
100

Hierdie keiser het Christenskap in 300 nC populêr gemaak

Constantyn/Constaninus

100

Hierdie godsdiens het in die Middeleeue baie gegroei.

Islam. 

100

Wat beteken Sola Scriptura? Hoe is dit belangrik vir die Reformasie?

Skrif Alleen; Die kerk se gesag is die Skrif alleen, nie kerklike tradisies nie.

100

Watter dwaling het verkondig dat God, soos 'n horlosiemaker, die wêreld opgewen het en dan teruggestaan het?

Deisme

100

Wat was die amptelike kerk- en Bybeltaal in 1900? 

Hollands

200

Hierdie dwaling het beweer dat jy gered word deur geheime kennis, en dan Jesus nie God of mens was nie. 

Gnostisime

200

Wat was die kruistogte, en wat was jou beloning as jy op 'n kruistog gegaan het?

Militêre ekspedisies, georganiseerd deur die Katolieke Kerk, om Jerusalem terug te wen. As jy gegaan het, het jy aflaatbriewe gekry.

200

Wat het Martin Luther teen die deur van Wittenberg vasgenael?

95 Stellings

200

Wat was die Verligting? (Enlightenment) Hoekom het dit 'n geloofskrisis veroorsaak?

Kulturele beweging wat die intellek of rede (reason) oorbeklemtoon het. Dit het mense laat twyfel in God se Woord.

200

Wie was die eerste Christen in Afrika? 

Die Etiopiese hofdienaar (Handelinge 8)
300

Noem een van die probleme wat in die Katolieke kerk ingekruip het in hierdie tydperk.

Vereering van heiliges/relieke; Monastisme; Vagevuur

300

Noem een "proto-hervormer" of -groep wat teen die dwalinge van die Katolieke Kerk gestry het.

Waldense (Frankryk); John Wycliffe & die Lollards (Engeland); Jan Huss & die Hussiete (Bohemië).

300

Wie was die Puriteine? Watter koningin het hulle vervolg?

Engelse protestante wat verdere Reformasie wou gehad het, nie 'n halwe reformasie nie. Bloody Mary het hulle vervolg.

300

Noem een sendeling of sendingstorie wat jy onthou uit die Moderne Sendingbeweging

Jim Elliot; Amy Carmichael, ens. 

300

Wie vas 'n sleutelrolspeler in die stigting van die Gereformeerde Kerk? 

(1) Abraham Kuyper

(2) Totius

(3) Dirk Postma

Dirk Postma

400

Hierdie 80-jarige vroeë kerkvader was predikant in Smirna toe hy op die brandstapel vermoor is.

Polikarpus

400

Wat was die Inkwissie, en hoekom het die kerk dit begin?

Dit was 'n kerklike polisie wat mense gekeer het om Bybel te lees en te vertaal, en mense wat teen die Katolieke Kerk opstaan, dood te maak. Dit was om gesag af te dwing na die Westerse Skisma. 

400

Wie was Johannes Tetzel en wat het hy verkoop? Hoekom is dit verkeerd?

Hy was 'n dienaar van die katolieke kerk en het aflaatbriewe verkoop. 
400

In die 1900s het die Moderne teoloeë soos Karl Barth en Rudolph Bultmann die Bybel probeer "ontmitologiseer." Gee 'n voorbeeld van 'n verhaal wat hulle in 'n mite gemaak het. 

Adam en Eva, Jona, ens. 

400

Watter Suid-Afrikaanse tale het eerste 'n eie Bybelvertaling gehad?

Tswana (1840); Xhosa (1864); Zulu (1883); Afrikaans (1933)

500

Hierdie belydenisskrif was geskryf as gevolg van die dwaling Arianisme, wat beweer dat Jesus nie volledig God was nie.

Geloofsbelydenis van Nicea

500

Wie was die vroeë Engelse sendeling wat in Duitsland 'n afgod-boom afgekap het? 

Bonifatius

500

Noem die twee groot hervormers van hierdie lande:

(1) Duitsland

(2) Switserland

(3) Engeland

(1) Martin Luther

(2) Johannes Calvyn

(3) William Tyndale

500

Vandag is ons in die Post-Moderne tydperk, waar alles oor gevoel en ervaring gaan. Hoekom is dit gevaarlik vir gevoel om die hoogste maatstaf te wees?

()

500

Watter sendinggroep het eerste op die toneel gekom in 1737 en 'n kerk in Genadendal gestig?

Die Morawiërs: George Schmidt